Paralimpiese sokker
From Wikipedia, the free encyclopedia
Paralimpiese sokker is 'n aanpassing van sokker vir atlete met gestremdhede. Die sport word gewoonlik volgens die reëls van FIFA, die Internasionale Sokkerfederasie, gespeel.
Die twee mees prominente variasies van Paralimpiese Sokker is:
- 5-per-kant sokker vir atlete met visuele gestremdhede; en
- 7-per-kant sokker, vir atlete met serebrale parese (breingestremdhede).
Paralimpiese sokker word internasionaal beoefen en is ook op die program van die Paralimpiese Spele.