Onewehoewiges
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die onewehoewiges (Perissodactyla) is 'n orde van diere in die klas van soogdiere (Mammalia). Hulle het hul naam te danke aan hul onewe aantal tone. 'n Perd het byvoorbeeld slegs een toon, terwyl 'n renoster drie tone per poot het. Die tapir het vier tone aan die voorpote, maar net drie aan die agterpote. Die middelste toon is tot 'n hoef ontwikkel. Die tone aan die sykante is rudimentêr aanwesig (dus, onderontwikkeld).
Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie, Families ...
Onewehoewiges | |
---|---|
Hoef van 'n perd | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Infraklas: | |
(geen rang): | |
Superorde: | |
Orde: | Perissodactyla Owen, 1848 |
Families[1] | |
Sluit
Hierdie diere is almal middelgroot planteters. Hulle het relatief eenvoudige mae en verteer platmateriaal 'n in die dermstelsel, eerder as een of meer maagkamers.
In teenstelling tot ewehoewiges, kry die onewehoewiges nie bek-en-klouseer nie.