Polêre molekule
From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Polêre molekule is 'n molekule waarin die een kant van die molekule effens elektries positief gelaai is, terwyl die ander kant effens negatief is.[1] 'n Chemiese binding tussen twee atome wat aan verskillende elemente behoort sal altyd hierdie verskynsel vertoon omdat die atome 'n verskillende elektronegatiwiteit het.
'n Diatomiese molekule soos HCl, is daarom 'n polêre molekule. Die twee elektries gelaaide streke aan weerskante van die molekule word pole genoem, soortgelyk aan 'n magneet met 'n noord- en 'n suidpool. Die paar pole word 'n dipool genoem. Dis egter 'n elektrostatiese dipool en nie 'n magnetiese een nie. Waterstofchloried is 'n molekule met 'n enkele dipool.