Portaal:Fisika/Inleiding
From Wikipedia, the free encyclopedia
Fisika (uit Antieke Grieks: φυσική (ἐπιστήμη) phusikḗ (epistḗmē) "natuurkennis", van φύσις phúsis "natuur") is die wetenskap van die natuur in die breedste sin. Fisici bestudeer die gedrag en eienskappe van materie in ’n groot verskeidenheid verbande, wat wissel van die subatomiese deeltjies wat die boustene van alle gewone materie is (deeltjiefisika) tot die gedrag van die materiële heelal as ’n geheel (kosmologie).
Welkom op die fisikaportaal!