From Wikipedia, the free encyclopedia
Konstantyn was die 88ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Pous Konstantyn is gebore in Tyrus, Sirië. Op 25 Maart 708 volg hy Pous Sisinnius op en regeer tot sy dood op 9 April 715. Hy word opgevolg deur Pous Gregorius II. Die pous word ook Konstantyn I genoem om hom te onderskei van die Teenpous Konstantyn II. Die naam ‘Konstantyn’ beteken 'standvastig'.
Pous Konstantyn was die derde en laaste pous wat na Konstantinopel gereis het. Die reis is begin op 5 Oktober 710. Hy het ooreenstemming bereik oor die besluite van die Trullaanse sinode van 692. Na die moord op keiser Justinianus II weier die pous om die keiser se opvolger, Phillippicus Bardanes, wat die monotelitisme aangehang het, te erken en die breuk met die Ooste is nou finaal. Eers in 1964 sal 'n pous (Pous Paulus VI) weer Konstantinopel besoek.
Konstantyn kom in konflik met Felix die aartsbiskop van Ravenna wat nie aan die pous ondergeskik wil wees nie en met die aartsbiskop Benediktus van Milaan, wat self die biskoppe van Padua wil aanstel.
Konstantyn ontvang twee Anglo-Saksiese konings, Coenred van Mercia en Offa van die Oos-Sakse. Sint Egwin, biskop van Worcester het hulle vergesel.
Konstantyn het drie kardinale aangestel, waaronder sy opvolger Pous Gregorius II.
Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia.
Voorafgegaan deur Sisinnius |
Pous (Pontifex Maximus) 708 – 715 |
Opgevolg deur Gregorius II |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.