Putsonderwater

dorp in Suid-Afrika From Wikipedia, the free encyclopedia

Putsonderwatermap

Putsonderwater is weens sy unieke naam 'n bekende spoorweghalte op die roete tussen Prieska en Upington. Dit was voorheen 'n bedrywige stasie met 'n padvervoerdiens na Kenhardt, sowat 75km weswaarts. Teenswoordig is die stasie onbeman, die goedereloodse staan leeg en weinig inwoners het oorgebly. Dit word nou as 'n spookdorp beskou. Die R383-streekroete gaan deur die halte.

Kitsfeite Land, Provinsie ...
Putsonderwater
Thumb
Putsonderwater
Putsonderwater
Koördinate: 29°14′0″S 21°53′0″O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieNoord-Kaap
DistriksmunisipaliteitSiyanda
Plaaslike Munisipaliteit!Kheis
TydsoneUTC+2 (SAST)
Sluit

Geskiedenis

Water was nog altyd belangrik vir oorlewing in die streek. Volgens die stories het David Ockhuis en sy seuns 'n put gegrawe en 'n sterk stroom water gekry. Hy versteek toe die put en hou die nuus stil dat hy water gekry het, wetende dat hy dan 'n gemerkte man sou wees. Aan almal wat daarna navraag gedoen het oor water uit 'n put, sê hy dan: "Ja, ek het 'n put, maar dit is 'n put sonder water". Die put lewer nog steeds water.

Trivia

  • Bartho Smit het in 1962 'n drama geskryf met die naam van die dorp as titel.
  • 'n Veertig kilometer verder op die spoorlyn na Upington kruis die spoor tussen Bokputs en Kleinbegin die Sishen-Saldanha-spoorlyn naby Oorkruis.

Sien ook

Bron

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.