Röntgendiagnostiek
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die doel van die röntgendiagnostiek as 'n onderdeel van die geneeskunde is die vasstelling en opvolging van afwykings deur middel van röntgenstrale. Op die meeste röntgenfoto's is eintlik net die skelet herkenbaar, terwyl daar rondom die sigbare skelet min of meer 'n gelykmatige grys veld voorkom.
Hierdie artikel behoort versmelt te word met Radiografie.
Maak seker om die inhoud te skuif na die bladsy wat reeds aan Wikidata gekoppel is!
Indien altwee gekoppel is, sien hier.
Die longe vorm 'n uitsondering omdat dit lug bevat wat as swart gebiede afgebeeld word. Om meer van die strukture binne die liggaam sigbaar te maak, kan die liggaamsholtes met 'n kontrasmiddel gevul word. Röntgenstrale (X-strale) behoort tot dieselfde kategorie as ligstrale (elektromagnetiese golwe), maar kan baie beter deur materie dring. Hul deurdringingsvermoë is egter nie onbeperk nie: die intensiteit van röntgenstrale neem af tydens die beweging daarvan deur materie.
Die mate van verswakking van die röntgenstrale hang af van die soort röntgenstraal (golflengte) en van die tipe stof waardeur dit beweeg. Die strale word, wanneer dit deur ʼn voorwerp gaan wat uit verskillende stowwe opgebou is, in wisselende mates verswak, en agter die voorwerp ontstaan dan ʼn skadubeeld. 'n Nadeel van röntgenstrale is dat hulle nie deur die menslike oog waargeneem kan word nie en slegs sigbaar gemaak kan word deur die gebruik van hulpmiddels.
In die mediese diagnostiek gebeur dit hoofsaaklik deur middel van 'n fotografiese plaat (röntgenfilm) of ʼn verligtingskerm. Laasgenoemde is 'n glasplaat waarop 'n laag kristalle aangebring is. Die kristalle word verlig wanneer röntgenstrale daarop val. Wanneer so 'n verligtingskerm gebruik word vir die waarneming van die skadubeeld van 'n voorwerp, word dit "deurligting" genoem; die bewegings van onder andere die hart en longe kan hiermee waargeneem word.
Die beeld op die skerm, wat ligswart is, kan versterk word met behulp van ʼn beeldversterker. Van die beeld op die beeldversterker kan dan foto's of filmopnames gemaak word. Die beeld kan ook via 'n televisiekamera op 'n monitor weergegee word. Op die röntgenfoto kan baie min soorte weefsels onderskei word omdat die röntgenstrale slegs in baie geringe mate deur die verskillende weefsels in die liggaam verswak word.
Die skeletdele, waardeur die strale baie verswak word, word waargeneem as gebiede wat slegs effens swart is. Net so vertoon kalkhoudende stene, byvoorbeeld in die nierbekken of galblaas, ook baie duidelik. Die ander weefsels (sagte weefsels) is nie van mekaar onderskeibaar nie en is min of meer alma I gelykmatig grys afgebeeld. Op die plaat waar gas voorkom (byvoorbeeld in die longe), word die röntgenstrale feitlik glad nie verswak nie, sodat dit as swart gebiede waargeneem word.
Indien die strukture binne die liggaam duideliker sigbaar moet wees, kan die holtes waar moontlik met gas ('n negatiewe kontrasmiddel) gevul word. Hierdeur word al die swart vlekke op die film sigbaar. Andersins kan die röntgenstrale met die een of ander stof baie nie stralingsdeurlaatverswak word, waardeur die holtes as ligte vlekke afgebeeld word. So ʼn stof staan bekend as 'n positiewe kontrasmiddel. In die praktyk word hoofsaaklik van barium en jodium gebruik gemaak as bestanddele van positiewe kontrasmiddels.