R519 (Suid-Afrika)
streeksroete / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die R519 is 'n streeksroete wat Naboomspruit met Polokwane verbind. Die roete begin waar dit aftak van die R101-streeksroete in Naboomspruit en die N1-nasionale pad kruis. Dit gaan suidoos tot in Crecy en dan oos tot in Roedtan en kruis die N11-nasionale pad met 'n verspringende kruising. Die roete gaan nou noordoos, deel die R518 vir 2,5 km en gaan noord tot waar dit by die R101 aansluit, suid van Polokwane.