Reën
vloeibare water in die vorm van druppels wat uit atmosferiese dampe gekondenseer en gepresipiteer het. / From Wikipedia, the free encyclopedia
Reën is 'n neerslag in die vorm van vloeistof teenoor ander nie-vloeistof vorme soos sneeu, hael en ysreën. Reën benodig die teenwoordigheid van 'n lig laag van die Aarde se atmosfeer met temperature bo die smeltpunt van water naby en bo die aardoppervlak. Op die Aarde is reën die kondensasie van atmosferiese waterdamp na druppels water swaar genoeg om te val, wat meestal die aardoppervlak bereik. Twee prosesse, wat waarskynlik saamwerk, kan lei tot die versadiging van lug wat weer lei tot reënval: die verkoeling van lug en die toevoeging van water in die lig. Reën wat na die Aarde val maar verdamp voor dit die grond bereik word virga genoem – dit is ook een van die maniere waarop lug versadig word. Neerslag vorm deur die botsings van reëndruppels met ander reëndruppels of yskristalle binne 'n wolk. Die vorm van reëndruppels wissel van oblaat, pannekoekagtige vorms vir groot druppels tot klein sfere vir kleiner druppels.
Subklas van | neerslag |
---|---|
Gebruik | hidroëlektrisiteit, landbou, watervoorsiening, konstruksieproses, laundering |
Faset van | weer |
Het effek | Oorstroming, reënwater |
Verwante Kategorie | Kategorie:Liedjies oor reën |
Unicode-karakter | 🌧 |
Vogtigheid wat saam met drie-dimensionele temperatuursones beweeg en verskillende gebiede van vogtigheid bekend as fronte, is die hoofmetodes van reënvorming. Indien voldoende vog en 'n opwaartse beweging teenwoordig is, sal neerslag vanuit konveksie-wolke (dié met 'n sterk, opwaartse, vertikale beweging) val, soos cumulonimbus in donderstorms wat tot nou reënbande kan lei. In bergagtige gebiede is neerslag moontlik waar die opwaartse vloei maksimaliseer binne die windkante van die terrein by 'n elevasie waarby vogtige lug geforseer word om te kondenseer en dan val in die vorm van reën teen die kante van die berge. Aan die lykant van die berge kan woestynklimate bestaan weens die droë lug wat afwaarts vloei en dus verwarming en verdroging van die lugmassa veroorsaak. Die beweging van die moesontrog, of intertropiese konvergensie sone, bring die natseisoen by savanne-klimate. Reën is die primêre bron van varswater vir die meeste streke in die wêreld, en voorsien geskikte toestande vir diverse ekosisteme, sowel as die water vir hidroëlektriese kragsentrales en besproeiing vir verskeie gewasse. Reënval word met 'n reënmeter gemeet. reënvalhoeveelhede word aktief gemeet deur weerradars en passief deur weersatelliete.
Warmte afkomstig vanaf stedelike gebiede lei tot verhoogde reënval, beide in hoeveelheid en intensiteit, en gewoonlik windaf in stede. Aardverwarming veroorsaak ook veranderinge in globale neerslagpatrone, insluitend natter toestande oor oostelike Noord-Amerika en droër toestande in die trope. Neerslag is 'n hoofkomponent van die watersiklus, en is verantwoordelik vir die meeste varswaterafsettings op die planeet. Die jaarlikse wêreldwye gemiddelde neerslag is 900 mm. Australië is die Aarde se droogste kontinent. Reën is ook bekend, of word vermoed, op ander planete, saamgestel uit metaan, yster, neon en swaelsuur eerder as water.