Riebeek-Oos
From Wikipedia, the free encyclopedia
Riebeek-Oos (Engels: Riebeek East) is 'n dorpie in die geskiedkundige landdrosdistrik Albanie (vroeër die Zuurveld) in die provinsie Oos-Kaap van Suid-Afrika.
Kitsfeite Riebeek-Oos, Land ...
Riebeek-Oos (Riebeek East) | |
---|---|
Dorpie | |
Koördinate: 33°12′0″S 26°9′0″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Oos-Kaap |
Distriksmunisipaliteit | Sarah Baartman |
Plaaslike Munisipaliteit | Makana |
Oppervlak | |
• Totaal | 22,46 km2 (8,67 vk. myl) |
Hoogte | 616 m (2 024 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 753 |
• Digtheid | 34/km2 (90/vk. myl) |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Poskode | 5805 |
Sluit
Die nedersetting is 39 km noordwes van Grahamstad geleë en in 1842 op Voortrekkerleier Piet Retief se plaas Mooimeisjesfontein aangelê. Dit is genoem na kommandeur Jan van Riebeeck. Later is die uitgang "-Oos" bygevoeg om dit van die Wes-Kaapse dorpie Riebeek-Wes te onderskei. [2]
Jacob Cuyler, landdros van Uitenhage, het die naam "Albany" in 1812 aan die distrik gegee ter ere van sy vader, burgemeester van die stad Albany in die Amerikaanse deelstaat New York. Die NG gemeente Albanie, wat in 1831 hier gestig is, se benaming is 'n verafrikaansing van dié naam.