Rietrivier (Vaal)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Rietrivier is 'n sytak van die Vaalrivier in Suid-Afrika. Die rivier ontspring in die Vrystaat, net oos van Reddersburg. Vanaf sy oorsprong vloei die rivier wes, noord verby Reddersburg waar dit onder die N6 nasionale pad en later ook onder deur die N1 nasionale pad vloei. Steeds weswaarts vloei die rivier in die Kalkfonteindam in, swaai noordwes en vloei verby Koffiefontein en Jacobsdal. Net voor Ritchie vloei die Modderrivier in die Rietrivier in, kruis die N12 en vloei daarna verby Ritchie. Ongeveer 20 km noordoos van Douglas sluit die Rietrivier by die Vaalrivier aan.
Kitsfeite Koördinate: 28°59′58″S 23°53′17″O ...
Rietrivier | |
---|---|
Rietrivier | |
Stroomgebied | Vrystaat en Noord-Kaap, Suid-Afrika |
Oorsprong | Oos van Reddersburg |
Sytak -regs | Modderrivier |
Monding | Vaalrivier, 20 km noordoos van Douglas |
Lengte | 300 km |
Monding-hoogte | 1 001 m |
Koördinate: 28°59′58″S 23°53′17″O |
Sluit