SV 1919 Bernbach
From Wikipedia, the free encyclopedia
SV 1919 Bernbach is 'n sokkerklub uit Freigericht in die deelstaat Hessen in Duitsland. Bernbach is 'n dorpsdeel van Freigericht.
Volledige naam | Sportverein 1919 Bernbach e.V. |
Stigtingsdatum | 1 September 1919 |
Tuisveld | Stadion an der Birkenhainer Straße, Freigericht |
Kapasiteit | 4 000 |
Kompetisie | Oberliga Hessen |
Die klub is in 1919 gestig as Fußballclub Germania Bernbach. Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub heropgerig as Sportgemeinde Bernbach, maar in 1953 is die klub herdoop na Sportverein 1919 Bernbach.
Die klub se grootste prestasie was toe daar in 1998 as visekampioen van die Oberliga Hessen aan die uitspeelwedstryde om promosie na die Regionalliga Suid deelgeneem is, maar op die ou end het SC Pfullendorf ten koste van Bernbach gepromoveer.