Sergei Prokofiëf
From Wikipedia, the free encyclopedia
Sergei Sergejewitsj Prokofiëf (of Prokof'jef; Russies: Сергей Сергеевич Прокофьев; 27 April 1891 – 5 Maart 1953) was ’n Sowjetse komponis, pianis en dirigent. Prokofiëf is op 27 April 1891 op die dorpie Sontsofka (nou Sontsifka) in die teenswoordige Donetsk-oblast uit ’n boerefamilie gebore. Die dorpslewe met sy boereliedjies het ’n permanente invloed op hom gehad. Sy moeder het hom van kleins af musiek geleer en as vyfjarige het hy sy eerste werk vir die klavier gekomponeer. Van 1904 tot 1914 het die jong Prokofiëf aan die Sint Petersburgse Konservatorium studeer, waar sy musikale oorspronklikheid leermeesters soos Rimski-Korsakof en Ljadof verbaas het. As die skepper van meesterstukke in verskeie genres, word hy beskou as een van die grootste komponiste van die 20ste eeu. Sy werk sluit in Pieter en die Wolf, die ballet Romeo en Juliet en die klankbaan vir Sergei Eisenstein se rolprent Aleksander Nefski.
Sergei Prokofiëf | |
---|---|
Sergei Prokofiëf in New York, 1918 | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Sergei Sergejewitsj Prokofiëf |
Gebore | (1891-04-27)27 April 1891 Sontsofka, Donetsk-oblast, Oekraïne, Russiese Ryk |
Sterf | 5 Maart 1953 (op 61) Moskou, Sowjetunie |
Genres | Opera, simfonie en ballet |
Beroep(e) | Komponis, pianis en dirigent |
Instrumente | Klavier |
Webwerf | sprkfv.net |
Van die talle werke wat hy in verskillende genres voltooi het, is sewe voltooide operas, sewe simfonieë, agt ballette, vyf klavierkonserte, twee vioolkonserte, ’n tjellokonsert, ’n simfoniekonsert vir die tjello en orkes, en nege voltooide klaviersonates.