Simondium
From Wikipedia, the free encyclopedia
Simondium is 'n gehuggie 6 km suid van die Paarl wat genoem is na Pierre Simond (1651–1713), Hugenote-predikant aan die Kaap, en deel uitmaak van die munisipaliteit Drakenstein.
Kitsfeite Land, Provinsie ...
Simondium | |
---|---|
Gehug | |
Die NG kerk op Simondium | |
Koördinate: 33°51′6″S 18°58′0″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distrik | Kaapse Wynland |
Munisipaliteit | Drakenstein |
Hoogte | 48 m (157 ft) |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Sluit
Die plekkie het in 1958 sy eie gemeente van die NG Kerk gekry, wat deel is van die Ring van die Paarl en in 2010 164 lidmate gehad het, vergeleke met 284 in 1990. Einde 2015 het dit teruggesak tot 132.