Migrasie van voëls
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die migrasie van voëls is die jaarlikse seisoenale migrasie wat verskeie voëls onderneem. Hulle broei gewoonlik op een plek, maar oorwinter elders. Die voordeel hiervan is dat hulle die gunstige weer en beskikbaarheid van voedsel in hul oorwinteringsgebied kan benut, veral as die broeigebied se winters te koud of as die dae te kort is. Voëls wat jaarliks trek, word trekvoëls genoem; voëls wat die hele jaar op een plek deurbring word standvoëls genoem. Die mens was al van vroeg af bewus van swaeltjies wat gedurende die winter "verdwyn" en betyds terugkeer vir die somer. Eers gedurende die 19e eeu is daar besef dat voëls migreer in plaas van hiberneer, soos vroeër gemeen is.