![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/9c/Tuberculosis-x-ray-1.jpg/640px-Tuberculosis-x-ray-1.jpg&w=640&q=50)
Tuberkulose
Algemene en dodelike infektiewe siekte / From Wikipedia, the free encyclopedia
Tuberkulose, ook genoem TB (afkorting vir Tuberkel-basillus), phthisis, en tering, is 'n algemene en dodelike infektiewe siekte. Dit is verantwoordelik vir ongeveer 2–3 miljoen sterftes per jaar uit ongeveer 9–10 miljoen gevalle en kom veral voor in onderontwikkelde, tropiese lande.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/f/f5/Mycobacterium_tuberculosis_8438_lores.jpg/640px-Mycobacterium_tuberculosis_8438_lores.jpg)
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/b6/Tuberculosis_world_map_-_DALY_-_WHO2004.svg/640px-Tuberculosis_world_map_-_DALY_-_WHO2004.svg.png)
Geen data
≤10
10–25
25–50
50–75
75–100
100–250
250–500
500–750
750–1000
1000–2000
2000–3000
≥3000
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/76/Tuberculosis_world_map-Deaths_per_million_persons-WHO2012.svg/640px-Tuberculosis_world_map-Deaths_per_million_persons-WHO2012.svg.png)
0–3
4–7
8–16
17–26
27–45
46–83
84–137
138–215
216–443
444–1 359
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/e/e1/Tuberculosis-prevalence-WHO-2009.svg/640px-Tuberculosis-prevalence-WHO-2009.svg.png)
Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie. Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word. |
Tuberkulose | ||
Klassifikasie en eksterne bronne | ||
![]() | ||
’n X-straal van ’n persoon met gevorderde tuberkulose. Die infeksie in albei longe word met wit pyltjies aangedui, en ’n gat wat ontstaan met swart pyltjies. | ||
ICD-10 | A15–A19 | |
ICD-9 | 010–018 | |
OMIM | 607948 | |
DiseasesDB | 8515 | |
MedlinePlus | 000077 | |
eMedicine | med/2324 | |
MeSH | D014376 | |
![]() |
Die longe word meestal aangetas (pulmonêre TB), maar verskeie ander stelsels en organe in die liggaam kan ook aangetas word. Hieronder tel die sentrale senuweestelsel, limfatiese stelsel, bloedsomloopstelsel, genito-urinêre stelsel asook been en gewrigte.
Meer as 'n derde van die wêreld se bevolking het die TB-bakterie in hul liggame en nuwe infeksies kom voor teen een per sekonde. Nie almal wat geïnfekteer is ontwikkel die siekte nie en dit kom voor as sg. latente TB-infeksie. Een uit tien van latente infeksie-gevalle sal ontwikkel tot 'n aktiewe siekte. Selfs in die ontwikkelde wêreld styg die voorkoms van die siekte weens ingekorte immuunstelsels a.g.v. immuunonderdrukkende middels, middelmisbruik of MIV/VIGS. Die toename in MIV-infeksie en die verwaarlosing van TB-beheerprogramme het TB-infeksies weer sterk laat toeneem.