chemiese verbinding From Wikipedia, the free encyclopedia
Testosteroon is vir mans 'n noodsaaklike geslagshormoon en in beide mans en vrouens speel dit 'n belangrike gesondheidsrol. Dit is een van die steroïedhormone.
Dit word in mans hoofsaaklik deur die testikel (teelbal) geproduseer en speel 'n groot rol gedurende puberteit - die tyd van ontwikkeling van 'n jong man se geslagseienskappe - en in die onderhoud van geslagseienskappe. In vrouens word dit op kleiner skaal hoofsaaklik deur die eierstokke geproduseer. Soos mans ouer word produseer hulle effens minder testosteroon maar die hoeveelheid wat 'n normale man produseer het 'n baie wye bestek.
Dit beïnvloed die mens (en diere) se geslagsdrif, energie, immuunfunksies en speel 'n rol in beskerming teen osteoporose. Soos met ander steroïdes ontspruit dit uit cholesterol.
'n Jel van testosteroon bevat, kan ook ingespan word met die behandeling van veelvuldige sklerose. Toetse by die Universiteit van Kalifornië het aangetoon dat die jel breinagteruitgang vertraag en dat dit die denkvermoë van mans met veelvuldige sklerose verbeter. In die studie is ondersoek waarom veelvuldige sklerose by minder mans as vroue gediagnoseer word. Hulle het bevind dat die manlike hormoon heel moontlik iets daarmee te doen het. Tydens die studie moes die mans vir 'n jaar lank daagliks die jel aan hul skouers smeer, en die toetse daarna het bewys dat hul denk-, leer- en oordeelsvermoë merkbaar verbeter het. Hul spiermassa was ook beter.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.