Tshwane-Universiteit vir Tegnologie
universiteit in Pretoria, Suid-Afrika From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Tshwane-Universiteit vir Tegnologie (TUT) is 'n tersiêre opleidingsinstansie wat in Tshwane geleë is. TUT het in 2003 ontstaan nadat drie groot technikons saamgesmelt het, naamlik: Technikon Noord-Gauteng, Technikon Noord-Wes en Technikon Pretoria.

Remove ads
Kampusinligting
Daar is meer as ses kampusse onder die naam Tshwane-Universiteit vir Tegnologie.
- Arcadia-kampus
- Kunste (Arts)-Kampus
- Ga-Rankuwa-kampus
- Nelspruit-kampus
- Pretoria-kampus (vroeër Technikon Pretoria)
- Polokwane-kampus
- Soshanguve-kampus (vroeër Technikon Noord-Gauteng (TNG)
- Witbank-kampus [1]
Die universiteit bestaan uit die volgende sewe fakulteite:
- Bestuurswetenskappe (Sluit in die TUT Besigheidsskool)
- Kuns en Ontwerp
- Ekonomie en Finansies
- Ingenieurswese en die Beboude Omgewing
- Geestesweetenskappe
- Inligting en Kommunikasie Tegnologie
- Wetenskap
Remove ads
Visie
Om die leidende hoër onderwys-instelling met 'n entrepreneuriese etos te wees wat kennis en tegnologie bevorder, en professionele loopbaan-opvoeding van 'n internasionale standaard bied, wat relevant is vir die behoeftes en aspirasies van Suid-Afrika se mense.
Bekende alumni
- Arnold Vosloo, akteur.
- Dikgang Moseneke, voormalige Adjunkhoofregter en regter van die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika.
- Elzabé Zietsman, sangeres en aktrise.
- Izak Davel, akteur, sanger, danser en model.
- Lutho John, akteur en TV-aanbieder.
- Moloto Mothapo, woordvoerder van die ANC.
- Nianel, sangeres, skrywer en motiveringsspreker.
- Peter Magubane, fotograaf.
- Robert McBride, voormalige hoof van die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit se verkeerspolisie.
- Steve Hofmeyr, sanger, akteur en skrywer.
- Tanya van Graan, model en aktrise.
- Ton Vosloo, nie-uitvoerende voorsitter van Naspers.
- Tsepo Ramosebi, hoof van inligtingstegnologie aan die presidensie.
- Wimpie van der Merwe, skrywer en rolprentregisseur.
- Zelda la Grange, voormalige privaatsekretaresse van Nelson Mandela.[2]
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads