Verkleinwoord
Vorm van 'n woord wat dui op 'n kleiner vorm van 'n voorwerp / From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Verkleinwoord (of diminutief) is 'n vorm van 'n woord wat dui op 'n kleiner vorm van 'n voorwerp. Dit word gevolglik hoofsaaklik met selfstandige naamwoorde gebruik, maar ander woorde kan ook verklein word. Verkleiningsvorme het soms 'n figuurlike, simpatieke, sarkastiese of eufemistiese betekenis, en word ook soms vir troetelname gebruik.