Viktor Orbán
From Wikipedia, the free encyclopedia
Viktor Mihály Orbán (Hongaars: [ˈviktor ˈorbaːn]; gebore 31 Mei 1963) is 'n Hongaarse politikus en juris. Hy dien sedert 2010 as die eerste minister van Hongarye. Hy het hierdie amp ook van 1998 tot 2002 bekleë. Hy was van 1993 tot 2000 en is sedert 2003 die leier van die nasionaalkonserwatiewe Fidesz-party. Op 19 November 2016 het hy István Bethlen as die langsdienende eerste minister in Hongaarse geskiedenis verbygesteek.
Viktor Mihály Orbán | |
Viktor Orbán in 2018 | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 29 Mei 2010 | |
Vise | Tibor Navracsics Zsolt Semjén |
---|---|
President | László Sólyom Pál Schmitt László Kövér (waarnemend) János Áder Katalin Novák |
Voorafgegaan deur | Gordon Bajnai |
Lid van die Nasionale Vergadering | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 2 Mei 1990 | |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | 31 Mei 1963 (1963-05-31) (60 jaar oud) Székesfehérvár, Hongarye |
Politieke party | Fidesz |
Eggenoot/-note | Anikó Lévai (trou 1986) |
Kind(ers) |
|
Alma mater | Universiteit Eötvös Loránd Pembroke College, Oxford |
Handtekening |
Op 3 April 2022 is Orbán vir 'n verdere termyn verkies in Hongarye se algemene verkiesing. Dit sal sy vierde agtereenvolgende termyn as Eerste Minister van Hongarye wees.[1] Orbán se party, Fidesz, sal danksy die oorwinning 'n tweederde meerderheid in die parlement hê, met 135 setels vergeleke met die opposisie alliansie se 56 setels. Dit is ook Fidesz se vierde agtereenvolgende oorwinning sedert 2010.[2]