Volksraad
From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Volksraad is enige van 'n reeks wetgewers in Nederlands- of Afrikaanssprekende onafhanklike of selfregerende gebiede insluitend 'n aantal Boere Republieke, die Unie van Suid-Afrika, Die Republiek van Suid-Afrika en in Nederlands-Indië.
Wetgewers wat as Volksrade bekend gestaan het sluit in:
- Die Volksraad van Natalia
- Die Volksraad van die Zuid-Afrikaansche Republiek
- Die Volksraad van die Oranje-Vrystaat
- Die Volksraad van die Unie van Suid-Afrika
- Die Volksraad van die Republiek van Suid-Afrika
- Die Volksraad in die Drie-kamer Parlement
- Die Volksraad van Nederlands-Indië