Vreemde vlieënde voorwerp
ongewone skynbare anomalie in die lug wat nie maklik identifiseerbaar is nie / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die term vreemde vlieënde voorwerp (VVV) is 'n vertaling van die Engelse unidentified flying object (UFO) en verwys na elke vlieënde of skynbaar vlieënde voorwerp of verskynsel wat in die lug of aan die hemel waargeneem word en wat vanweë sy kenmerke vir mense wat dit raaksien, raaiselagtig blyk te wees. Die term word in die omgangstaal net soos "vlieënde piering" dikwels as 'n sinoniem vir ruimtetuie van moontlik buiteaardse oorsprong gebruik, alhoewel hierdie definisie tot dusver nog op suiwer spekulasie berus. Die meeste VVV's word tydens ondersoeke as konvensionele voorwerpe of verskynsels geïdentifiseer. Die term word wyd gebruik vir beweerde waarnemings van buiteaardse ruimtetuie.