Willowvale
From Wikipedia, the free encyclopedia
Willowvale is 'n dorpie in die voormalige Transkeistreek van die Oos-Kaap, Suid-Afrika.
- Vir die gelyknamige voorstad in Harare, sien Willowvale, Zimbabwe.
Kitsfeite Land, Provinsie ...
Willowvale | |
---|---|
Koördinate: 32°16′0″S 28°31′0″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Oos-Kaap |
Distriksmunisipaliteit | Amathole |
Plaaslike Munisipaliteit | Mbhashe |
Bevolking | |
• Totaal | 2 522 |
• Digtheid | 210/km2 (500/vk. myl) |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Poskode | 5040 |
Skakelkodes | 047 |
Rasverdeling: | Swartes: 97,7% Ander: 2,3% |
Sluit
Die eerste blankes was reeds in 1839 hier teenwoordig toe die Beecham-Wood sendingstasie gestig is. Na die negende en laaste grensoorlog (1877-1878) het F.N. Streatfield 'n magistraatdistrik en militêre pos hier gevestig. Die pos het ontwikkel in 'n dorp. Die opperhoof Gcaleka het sy 'groot plek' by Nqadu naby Willowvale gehad. Die naam is afgelei van die wilgerbome wat langs 'n stroom naby die ou magistraat redensie gegroei het.
Die distrik is 1 428 km2 groot. Dit word hoofsaaklik deur Gcaleka en Fingo's bewoon.