Wittewater
From Wikipedia, the free encyclopedia
Wittewater is 'n gehug langs die R399-streeksroete tussen Piketberg en Velddrif wat in 1859 deur die Morawiese sendelinge van Mamre gestig is. In daardie jaar koop hulle die plaas Wittewater naby die Bergrivier. Die nabysynde spoorweghalte het die naam Moravia. Met die 1891-sensus in die Kaapkolonie was hier 350 inwoners. Net na die jaar 2000 was daar nagenoeg 1 500 mense woonagtig.
Kitsfeite Land, Provinsie ...
Wittewater | |
---|---|
Koördinate: 32°54′55″S 18°42′10″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distrik | Weskus |
Munisipaliteit | Bergrivier |
Oppervlak | |
• Totaal | 0,48 km2 (0,19 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 848 |
• Digtheid | 1 767/km2 (4 580/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Indiërs/Asiërs | 0.1% |
• Bruin mense | 98.0% |
• Swart mense | 1.9% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 97.5% |
• Engels | 1.7% |
• Ander | 0.8% |
Sluit