Ma. 10 Nov. 2025
Remove ads
Most read


Chicago
grootste stad in die Amerikaanse deelstaat Illinois
Chicago is die grootste stad in die Amerikaanse deelstaat Illinois, in die Middelweste op die suidwestelike oewer van die Michiganmeer. Met 'n bevolking van byna drie miljoen is dit ook die derde grootste stad in die Verenigde State. Dit is ’n belangrike nywerheid- en sakesentrum, bekend vir sy talle wolkekrabbers.
296 views


Andorra
soewereine mikrostaat tussen Frankryk en Spanje, in Wes-Europa
Andorra, amptelik die Prinsdom Andorra, ook genoem die Prinsdom die Valleie Andorra, is 'n landingeslote dwergstaat in Suidwestelike Europa, geleë in die oostelike Pireneë en omgrens deur Spanje en Frankryk. Dit is die sesde kleinste land in Europa, met 'n oppervlakte van 468 km² (181 myl²) en 'n beraamde bevolking van 85 470 (2014). Die hoofstad, Andorra la Vella, is die hoogsliggende hoofstad in Europa teen 1 023 meter (3 356 vt) bo seevlak. Die amptelike taal is Katalaans, hoewel Spaans, Portugees en Frans ook algemeen gepraat word.
281 views


Perpignan
prefektuur of hoofstad van die Suid-Franse département Pyrénées-Orientales
Perpignan is die prefektuur of hoofstad van die Suid-Franse département Pyrénées-Orientales. Die stad met 119 188 inwoners lê aan die Golf van Lion van die Middellandse See, sowat 70 kilometer suid van Narbonne en 30 kilometer noord van die Spaanse grens.
258 views


Esperanto
internasionale hulptaal ontwerp deur L. L. Zamenhof
Esperanto is 'n taal wat deur die Poolse Jood Ludwik Lejzer Zamenhof in 1887 geskep is om kommunikasie tussen mense van verskillende taalgroepe te bevorder. Reeds in 1887 het Esperantosprekers bewys hoe kommunikasie taal- en landsgrense kan oorbrug. Vandag is daar 'n lewendige internasionale Esperantogemeenskap wat oor meer as 100 lande strek. Die Esperanto Wikipedia is die 32ste grootste Wikipedia, soos gemeet in aantal artikels.
257 views


Benin
soewereine staat in Wes-Afrika
Benin, amptelik die Republiek Benin, is 'n republiek in Wes-Afrika met golwende vlaktes, heuwels en lae berge. Dit lê aan die Bog van Benin en grens aan Niger in die noorde, Nigerië in die ooste, Togo in die weste en Burkina Faso in die noordweste. Landbou is die vernaamste bron van inkomste. Die staat is ’n lid van die Afrika-unie.
235 views


Utah
deelstaat in die weste van die Verenigde State
Utah is 'n deelstaat in die weste van die Verenigde State met 'n bevolking van 3,2 miljoen. Die hoofstad en grootste stedelike nedersetting is Salt Lake City. Na die deelstaatbewoners word in Engels as Utahns verwys.
226 views


Islam
een van die drie groot monoteïstiese godsdienste
Islam is een van die drie groot monoteïstiese godsdienste, saam met Christendom en Judaïsme. Volgelinge van Islam staan bekend as Moslems1.
177 views


Gram
internasionale eenheid vir massa in die SI-stelsel en word gedefinieer as 'n duisendste van 'n kilogram
Gram is die internasionale eenheid vir massa in die SI-stelsel en word gedefinieer as 'n duisendste van 'n kilogram.
170 views


Berg
groot landvorm wat bo die beperkte omliggende gebied strek
'n Berg is 'n groot landvorm wat bo die beperkte omliggende gebied strek en gewoonlik 'n piek bo-aan vorm. Hulle kom dikwels in groepe voor, met gebroke terrein wat 'n aanhoudende wisseling van dale, bergkruine en losstaande pieke toon. Indien die landvorm nie baie hoog of steil is nie, word dit 'n heuwel genoem, alhoewel die presiese verskil tussen 'n heuwel en 'n berg van land tot land en kultuur tot kultuur verskil. Landvorms wat wel hoog is, maar nie 'n gebroke terrein het nie, word 'n plato genoem.
168 views


Fisika
studie van materie en sy beweging, tesame met verwante konsepte soos energie en krag
Fisika is die wetenskap van die natuur in die breedste sin. Fisici bestudeer die gedrag en eienskappe van materie in ’n groot verskeidenheid verbande, wat wissel van die subatomiese deeltjies wat die boustene van alle gewone materie is (deeltjiefisika) tot die gedrag van die materiële heelal as ’n geheel (kosmologie).
168 views
Show more