- Hertog Renatus II, hertog van Lotaringe vra die Switserse Bondgenootskap om bystand teen hertog Karel die Stoute van Boergondië wat die hoofstad van Lotaringe onder beleg geplaas het.
- 5 Januarie – Slag van Nancy: Die 6000 troepe van die Switserse Bondgenootskap vernietig die 10000 man leër van hertog Karel die Stoute van Boergondië. Hertog Karel die Stoute sterf tydens die veldslag.
- 21 Februarie – Kardinaal Alonso de Borja (later Pous Callixtus III) sluit aan by die Kurie.
- Augustus – Die dogter van Karel die Stoute, Maria van Boergondië trou met Maksimiliaan I van Habsburg. Die Boergondiese en die Habsburgse erflande smelt saam.
- 3 Desember – Giuliano della Rovere (later Pous Julius II) word biskop van Viviers.
- 10 Desember – Pous Sixtus IV stel sewe nuwe kardinale aan waaronder drie familielede, Cristoforo della Rovere, Girolamo Basso della Rovere en Raffaelle Sansoni Riario.
- Die Franse koning Lodewyk XI neem talle van Boergondiese gebiede in besit, waaronder die hertogdom Boergondië. Die Franse koning wen die stryd teen die feodale magte.
- Vlaandere en die Boergondiese gebiede in die Duitse ryk bly in hande van die Habsburgers. Pleks van Dijon word die hoofstad Brussel.
- Om sy nuwe ryk te kan bestuur leer Maksimiliaan die twee tale van die Boergondiese ryk: Frans en Nederlands.