- 20 Mei – Teen 7:52 vm vertrek Charles Lindbergh vanaf Roosevelt veld in Long Island, New York op die wêreld se eerste solo ononderbroke vlug oor die Atlantiese Oseaan (hy land by Le Bourget-vliegveld in Parys teen 10:22 nm die volgende dag).
- 29 Junie – Die eerste toetslopie van Wallace Turnbull se verstelbare-hellingshoekskroef vind plaas.
- Die moderne Italiaanse koffiemaatskappy, Lavazza, word gestig.
- 1 Januarie – Maurice Béjart, Franse choreograaf († 2007).
- 10 Januarie – Johnnie Ray, Amerikaanse akteur († 1990).
- 13 Januarie – Sydney Brenner, Suid-Afrikaanse molekulêre bioloog († 2019).
- 17 Januarie – Eartha Kitt, Amerikaanse sangeres, danseres en aktrise († 2008).
- 17 Januarie – Solly Ozrovech, skrywer van Christelike boeke en afgetrede predikant († 2015).
- 21 Januarie – Johan de Ridder, Suid-Afrikaanse argitek, ontwerper van vele geboue († 2013).
- 25 Januarie – Antônio Carlos Jobim, Brasiliaanse liedjieskrywer, komponis, sanger, pianis († 1994).
- 20 Februarie – Sidney Poitier, Amerikaansgebore akteur, regisseur, skrywer en diplomaat († 2022).
- 25 Februarie – Carol Brewster, Amerikaanse aktrise.
- 1 Maart – Basie Vivier, Suid-Afrika se vier-en-twintigste Springbokkaptein († 2009).
- 6 Maart – Gabriel García Márquez, Colombiaanse skrywer († 2014).
- 7 Maart – James Broderick, Amerikaanse akteur († 1982).
- 15 Maart – Ian Player, Suid-Afrikaanse natuurbewaarder en broer van die gholflegende Gary Player († 2014).
- 16 Maart – Wladimir Komarof, Russiese ruimtevaarder aanboord Soyuz 1 († 1967).
- 20 Maart – John Joubert, Suid-Afrikaanse komponis en akademikus († 2019).
- 21 Maart – Hans-Dietrich Genscher, Duitse politikus († 2016).
- 27 Maart – Mstislav Rostropovich, Russiese musikus († 2007).
- 16 April – Joseph Alois Ratzinger (later Pous Benedictus XVI), 265ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 2022).
- 16 April – Edie Adams, Amerikaanse sangeres en aktrise (* 1927).
- 17 April – Margot Honecker, Duitse politikus († 2016).
- 20 April – Chris Heunis, Suid-Afrikaanse regter, politikus en lid van die Nasionale Party († 2006).
- 25 April – Albert Uderzo, Franse strokiesprentkunstenaar en skepper van Asterix († 2020).
- 27 April – Coretta King, burgerregteaktivis en weduwee van die prediker Martin Luther King.
- 5 Mei – Pat Carroll, Amerikaanse aktrise († 2022).
- 25 Mei – Robert Ludlum, Amerikaanse outeur van rillerromans, bes bekend as skepper van Jason Bourne in die Bourne Trilogyreeks († 2001).
- 8 Junie – Jerry Stiller, Amerikaanse akteur († 2020).
- 26 Junie – Ben Turok, professor in ekonomie, ANC-aktivis en parlementslid († 2019).
- 27 Junie – Virginia Lee, Suid-Afrikaanse sangeres van ligte musiek († 1990).
- 4 Julie – Gina Lollobrigida, Italiaanse aktrise en fotojoernalis († 2023).
- 6 Julie – Janet Leigh, Amerikaanse aktrise († 2004).
- 13 Julie – Simone Veil, Franse en Europese staatsvrou († 2017).
- 18 Julie – Kurt Masur, Duitse dirigent († 2015).
- 29 Julie – Harry Mulisch, Nederlandse skrywer († 2010).
- 10 Augustus – Vittorio Gregotti, Italiaanse argitek († 2020).
- 18 Augustus – Rosalynn Carter, die Verenigde State se Eerste Dame tussen 1977 en 1981.
- 18 Augustus – Victor Edouard d'Assonville, Suid-Afrikaanse teoloog, historikus en skrywer († 2022).
- 23 Augustus – Dick Bruna, Nederlandse grafiese ontwerper, tekenaar en skrywer van kinderboeke († 2017).
- 23 Augustus – Hans Zanotelli, Duitse dirigent († 1993).
- 25 September – Colin Davis, Britse dirigent († 2013).
- 27 September – Eli Louw, Suid-Afrikaanse minister van vervoer en tot 1994 Suid-Afrika se laaste wit speaker († 2016).
- 14 Oktober – Roger Moore, Engelse akteur († 2017).
- 16 Oktober – Günter Grass, Duitse skrywer, beeldhouer, skilder en grafiese kunstenaar († 2015).
- 22 Oktober – Allan Hendrickse, Suid-Afrikaanse politikus, prediker en onderwyser († 2005).
- 24 Oktober – Gilbert Bécaud, Franse sanger, komponis, pianis en akteur († 2001).
- 31 Oktober – Roger Kahn, Amerikaanse skrywer van veral boeke wat handel oor bofbal († 2020).
- 9 November – Carel Boshoff, stigter van Orania († 2011).
- 15 November – George Bizos, Grieks-Suid-Afrikaanse menseregte- en anti-apartheidsadvokaat († 2020).
- 5 Desember – Bhumibol Adulyadej, koning van Thailand († 2016).
- 6 Desember – Gé Korsten, Suid-Afrikaanse sanger († 1999).
- 19 Desember – Dirk Kotzé, Suid-Afrikaanse geskiedkundige († 1992).
- 20 Desember – Kim Young-sam, Suid-Koreaanse politikus en sewende president van dié land († 2015).
- 25 Desember – Ram Narayan, Indiese musikant.
- 25 Desember – Jan Pickard, Suid-Afrikaanse rugbyspeler. († 1998).
- 21 Januarie – Charles Warren, Wallieseer en Britse kryger (* 1840)
- 26 Mei – Annie Visser, Suid-Afrikaanse mezzo-sopraan (* 1876)
- 22 Junie – Sir John Fraser, 'n Suid-Afrikaanse staatsman (* 1840)
- 15 Augustus – B.B. Comer, Amerikaanse saaiboer, entrepreneur en Demokratiese politikus (* 1848)
- 25 Augustus – Elizabeth Maria Molteno, Suid-Afrikaanse kampvegter vir burger- en vroueregte (* 24 September 1852)
- 14 September – Isadora Duncan, Amerikaanse danseres en choreograaf (* 1877)
- 15 September – Herman Gorter, Nederlandse digter. (* 1864)
- 2 Oktober – Svante Arrhenius, Sweedse chemikus, fisikus en Nobelpryswenner (* 1859).
- 10 Oktober – Gustave Whitehead, Amerikaanse lugvaartpionier (* 1874).
- 4 November – Valli Valli, Engelse aktrise († 1882)
- 10 November – Cornelis van Boeschoten,'n Nederlands-Transvaalse onderwyser en staatsman (* 1845).