19de Oscar-toekenningsaand
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die 19de Oscar-toekenningsaand is op 13 Maart 1947 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Los Angeles gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1946.
Kitsfeite
19de Oscar-toekenningsaand
| ||
Datum | 13 Maart 1947 | |
Plek | Shrine Auditorium, Los Angeles | |
Aanbieder | Jack Benny | |
Pryse & benoemings | ||
Beste rolprent | The Best Years of Our Lives | |
Meeste pryse | The Best Years of Our Lives (7) | |
Meeste benoemings | The Best Years of Our Lives (8) |
Sluit
Op die seremonie is die neiging van die laat 1940's voortgesit om rolprente oor sosiale kwessies van dié tyd te bekroon. The Best Years of Our Lives gaan oor die lewe van drie veterane wat van die Tweede Wêreldoorlog af terugkeer en hoe hulle weer tuis aanpas ná die oorlog.
Dit was die eerste keer sedert die 2de Oscar-toekenningsaand dat elke kategorie hoogstens vyf benoemings gehad het.