2007 Curriebeker Premierafdeling
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die 2007 ABSA Curriebeker kompetisie is vanaf 22 Junie tot 27 Oktober 2007 gespeel. Die Curriebeker is ’n jaarlikse rugbykompetisie wat tussen provinsiale spanne in Suid-Afrika uitgespook word. Dit was die 68ste seisoen sedert die kompetisie vir die eerste keer in 1889 gespeel is
Kitsfeite
2007 | |
---|---|
Die ABSA Curriebeker se amptelike logo. | |
Verdedigende kampioene | Vrystaat Cheetahs (3de titel) Blou Bulle (22ste titel) |
Kampioene | Vrystaat Cheetahs (4de titel) |
Wedstryde gespeel | 59 |
Drieë gedruk | 394 (gemiddeld 6.678 per wedstryd) |
Meeste punte | 212 Willem de Waal |
Meeste drieë | 14 John Mametsa |
Sluit
Die Vrystaat Cheetahs was die verdedigende kampioene, saam met die Blou Bulle nadat die twee spanne gelykop gespeel het in die 2006 Curriebeker Premierafdeling se eindstryd. Hierdie seisoen is deur die Cheetahs gewen toe hulle die Goue Leeus 20–18 in die eindstryd verslaan het in Vodacompark in Bloemfontein.