2012 Curriebeker Premierafdeling
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die 2012 Absa Curriebeker kompetisie is vanaf 10 Augustus tot 27 Oktober 2012 gespeel. Die Curriebeker is ’n jaarlikse rugbykompetisie wat tussen provinsiale spanne in Suid-Afrika uitgespook word. Dit was die 73ste seisoen van die kompetisie sedert dit vir die eerste keer in 1889 gespeel is.
Kitsfeite
2012 | |
---|---|
Die Absa Curriebeker se amptelike logo. | |
Verdedigende kampioene | Goue Leeus (11de titel) |
Kampioene | Westelike Provinsie (33ste titel) |
Totaal wedstryde | 33 |
Wedstryde gespeel | 33 |
Drieë gedruk | 174 (gemiddeld 5.273 per wedstryd) |
Meeste punte | 137 Louis Fouché (Blou Bulle) |
Meeste drieë | 8 Raymond Rhule (Cheetahs) |
Sluit
Die Goue Leeus was die verdedigende kampioene. Hulle het die Natalse Haaie met 42–16 in die 2011 Curriebeker Premierafdeling op Coca-Cola Park verslaan. Die eindstryd is op 27 Oktober 2012 beslis tussen die Natalse Haaie en die Westelike Provinsie met die Westelike Provinsie wat die titel gewen het.