2016 Curriebeker Premierafdeling
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die 2016 Curriebeker Premierafdeling is ’n top rugbykompetisie, die tweede been van die 2016 Curriebeker wat van 5 Augustus – 22 Oktober 2016 tussen provinsiale spanne in Suid-Afrika beslis is. Dit was die 78ste seisoen van die kompetisie sedert dit vir die eerste keer in 1889 gespeel is. Voor die begin van die reeks is ’n afsonderlike kwalifiseringstoernooi gehou om te bepaal welke spanne saam met die ses sg. groot unies (Blou Bulle, Goue Leeus, Natalse Haaie, Vrystaat Cheetahs, OP Kings en Westelike Provinsie) om die beker sou meeding.
Kitsfeite
2016 | |
---|---|
Verdedigende kampioene | Goue Leeus (11de titel) |
Kampioene | Vrystaat Cheetahs (5de titel) |
Totaal wedstryde | 39 |
Wedstryde gespeel | 39 |
Drieë gedruk | 321 (gemiddeld 8.231 per wedstryd) |
Meeste punte | 146 Tian Schoeman |
Meeste drieë | 7 Jamba Ulengo, Huw Jones Kwagga Smith, Frankie Herne Howard Mnisi |
Sluit
Daar het nege spanne deelgeneem aan die Curriebeker Premierafdeling 2016.