2017-’18 Pro14-seisoen
Rugbykompetisie tussen Europese en Suid-Afrikaanse rugbyspanne in 2017-’18 / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die 2017-’18 Pro14-seisoen (ook bekend as die Guinness Pro14 weens borgskapredes) het op 1 September 2017 afgeskop, met die eindstryd wat op 26 Mei 2018 gespeel is. Dit was die sewentiende seisoen van die kompetisie wat oorspronklik as die Keltiese Ligabeker bekend gestaan het, die eerste van die vergrote 14-span-toernooi en die eerste toernooi wat as Pro14 bekend staan (dit was voorheen as Pro12 en die Keltiese Ligabeker bekend).
Kitsfeite Deelnemende lande, Kampioen ...
2017-’18 Pro14 | |
Amptelike logo | |
Deelnemende lande | Ierland Italië Skotland Suid-Afrika Wallis |
---|---|
Kampioen | Leinster Rugby (5de titel) |
Wedstryde gespeel | 152 |
Drieë gedruk | 898 (gem. 5.908 per wedstryd) |
Meeste punte aangeteken | 160 John Cooney (Ulster) |
Meeste drieë gedruk | 12 Barry Daly (Leinster) |
Sluit
Die veertien spanne wat aan die kompetisie deelgeneem het verteenwoordig Ierland (Connacht, Leinster, Munster en Ulster), Italië (Benetton Treviso en Zebre), Skotland (Edinburgh en Glasgow Warriors), Suid-Afrika ( Cheetahs en Southern Kings) en Wallis (Cardiff Blues, Dragons, Ospreys en Scarlets).