2018-’19 Pro14-seisoen
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die 2018-’19 Pro14-seisoen (ook bekend as die Guinness Pro14 weens borgskapredes) het op 31 Augustus 2018 afgeskop, met die eindstryd wat op 25 Mei 2019 gespeel is. Dit was die agtiende seisoen van die kompetisie wat oorspronklik as die Keltiese Ligabeker bekend gestaan het, die tweede van die vergrote 14-span-toernooi en die tweede toernooi wat as Pro14 bekend staan (dit was voorheen as Pro12 en die Keltiese Ligabeker bekend).
Kitsfeite Deelnemende lande, Kampioen ...
2018-’19 Pro14 | |
Amptelike logo | |
Deelnemende lande | Ierland Italië Skotland Suid-Afrika Wallis |
---|---|
Kampioen | Leinster Rugby (6de titel) |
Wedstryde gespeel | 152 |
Drieë gedruk | 886 (gem. 5.829 per wedstryd) |
Meeste punte aangeteken | 157 Jack Carty (Connacht) |
Meeste drieë gedruk | 14 Rabz Maxwane (Cheetahs) |
Sluit
Die veertien spanne wat aan die kompetisie deelgeneem het verteenwoordig Ierland (Connacht, Leinster, Munster en Ulster), Italië (Benetton Treviso en Zebre), Skotland (Edinburgh en Glasgow Warriors), Suid-Afrika ( Cheetahs en Southern Kings) en Wallis (Cardiff Blues, Dragons, Ospreys en Scarlets).