2023 Azerbeidjanse Grand Prix
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die 2023 Formule Een Azerbeidjanse Grand Prix is vir die sesde keer op 30 April 2023 op die Bakoe-straatrenbaan in Bakoe, die hoofstad van Azerbeidjan gehou. Dit was die vierde wedren van die kampioenskapseisoen gewees, en vanjaar se eerste van ses GP-naweke wat 'n naelren bevat. ’n Naelren (“sprint”) is amper dieselfde as ’n gewone wedren, met die groot verskil dat die wedren korter is. Die naelrenafstand is ongeveer 100 kilometer en het dus ongeveer 30 minute neem.
Azerbeidjanse Grand Prix 2023 | ||
---|---|---|
Datum | 30 April 2023 | |
Plek | Bakoe-straatrenbaan | |
Voorste wegspringplek | ||
Renjaer | Charles Leclerc | Ferrari |
Tyd | 1:40.203 | |
Vinnigste rondte | ||
Renjaer | George Russell | Mercedes AMG |
Tyd | 1:43.370 (rondte 51 van 51) | |
Podium | ||
1 | Sergio Pérez | Red Bull-Honda RBPT |
2 | Max Verstappen | Red Bull-Honda RBPT |
3 | Charles Leclerc | Ferrari |
Die Grand Prix-naweek het Vrydag begin met die eerste vrye oefensessie van sestig minute, gevolg deur die kwalifisering. Dit bepaal die wegspringrooster vir Sondag se hoofwedren (insluitend moontlike roosterstrawwe) en bepaal ook watter jaer die term "voorste wegspringplek" toegeken sal word.
’n Tweede kort kwalifiserende sessie (Sprint Shootout) is Saterdagoggend gehou om die wegspringrooster vir die naelren te bepaal, gevolg deur die naelren in die middag.
Sondag het die hoofwedren oor 'n "normale" Grand Prix-afstand (ongeveer 300 kilometer) gevolg, en die spanne het 'n vrye keuse van bande gehad.