ATKV-Universiteitedebat
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die ATKV-Universiteitedebatskompetisie word sedert 2007 deur die ATKV aangebied. Elke jaar speel een van die deelnemende universiteite gasheer vir die debatskompetisie. Elke deelnemende universiteit word deur twee debatspanne verteenwoordig. Die wenners van die kompetisie word deur 'n uitklopronde bepaal. Die wenspan in die finaal word dan as algehele wenner gekroon. Die kampuswenner word aangewys op grond van die groottotaalpunte wat die twee spanne tydens die kompetisie behaal het.
Kitsfeite Tipe, Vind plaas ...
Tipe | Studente Debatskompetisie |
---|---|
Vind plaas | Jaarliks |
Webwerf | www.atkv.org.za/af/taal/atkv-universiteitedebat |
Huidige Wenners | Noordwes-Universiteit |
Sedert | 2007 |
Sluit