Abraham
From Wikipedia, the free encyclopedia
Abraham (Hebreeus: אַבְרָהָם, Awraham; Arabies: إبرَاهِيم, Ibrahim) is 'n man wat in die Tanag van die Jode, in die Bybel van die Christene en in die Koran van die Moslems voorkom. In al die boeke word hy as die stamvader van die volk Israel, Arabiere en Christene gesien. Daarom word die Jodedom, die Christendom en die Islam ook Abrahamitiese gelowe genoem.
Kitsfeite Gebore, Sterf ...
Abraham | |
---|---|
Abraham offer sy seun Isak | |
Gebore | Ur van die Galdeërs |
Sterf | |
Nasionaliteit | Israeliet |
Eggenoot | Sara Hagar (konkubine) Ketúra |
Kinders | Ismael, Isak, Simran, Joksan, Medan, Midian, Jisbak, Suag |
Ouer(s) | Tera |
Sluit
Kitsfeite Eerste Patriarg, Vereer in ...
Abraham | |
---|---|
Abraham met die Engele, skildery deur Aert de Gelder (ca. 1680–85) | |
Eerste Patriarg | |
Vereer in | Judaïsme, Christendom, Islam, Baha’i-geloof |
Feesdag | 9 Oktober – Rooms-Katolieke Kerk |
Sluit
Abraham en sy vrou Sara was die ouers van Isak. Hy het ook 'n seun genaamd Ismael by Hagar, Sara se slawin, gehad, asook ander kinders by Ketura, met wie hy na Sara se dood getroud was. Hy is ook die oupa van Jakob en Esau.
Abraham het sy kinderjare in die stad Ur van die Galdeërs deurgebring.