Epsilon Canis Majoris
From Wikipedia, the free encyclopedia
Epsilon Canis Majoris (afgekort as ε CMa) is ’n dubbelster en, ondanks sy Bayer-aanwysing van epsilon, die tweede helderste ster in die sterrebeeld Groot Hond (Canis Major). Met ’n skynbare magnitude van 1,5 is dit een van die helderste sterre in die naglug. Sowat 4,7 miljoen jaar gelede was dit die helderste ster, met ’n skynbare magnitude van -3,99.[7] Volgens parallaksmetings is dit sowat 430 ligjare van die Son af.[8]
Kitsfeite
Epsilon Canis Majoris
| ||||
Die ligging van Epsilon Canis Majoris (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Groot Hond | |||
Spektraaltipe | B2 II[1] | |||
Soort | Dubbelster | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 06h 58m 37.6s | |||
Deklinasie | -28° 58′ 19″ | |||
Skynmagnitude (m) | 1,5[2] | |||
Absolute magnitude (M) | -4,8[3] | |||
B-V-kleurindeks | -0,21[2] | |||
U-B-kleurindeks | -0,93[2] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 12,6 ± 1,0[1] | |||
Radius (R☉) | 13,9[4] | |||
Ligsterkte (L☉) | 38 700[5] | |||
Ouderdom (jaar) | 22,5 ± 2,6 miljoen[1] | |||
Temperatuur (K) | 22 900[5] | |||
Afstand (ligjaar) | 430 | |||
Rotasiespoed (km/s) | 25[6] | |||
Ander name | ||||
Adhara, 21 CMa, ADS 5654, CD-28°3666, FK5 268, HD 52089, HIP 33579, HR 2618, SAO 172676 | ||||
|
Sluit
Die twee komponente word ε Canis Majoris A (amptelik bekend as Adhara)[9][10] en B genoem.