Adolf Lüderitz
From Wikipedia, the free encyclopedia
Franz Adolf Eduard Lüderitz (gebore 16 Julie 1834 - 30 Oktober 1886) was 'n Duitse koopman en stigter van die eerste Duitse kolonie in Suidwes-Afrika, vandag Namibië.
Hy is in Bremen gebore, waar hy in die tabakbedryf handel dryf saam met sy pa, wat in 1878 gesterf het. Adolf het die bestuur van die onderneming suksesvol oorgeneem. Hy het in die Verenigde State vanaf 1854 tot 1859 rondgereis.
In 1881 rig hy 'n fabriek op in Lagos.