Adriaan Snyman
Suid-Afrikaanse skrywer / From Wikipedia, the free encyclopedia
Adriaan Snyman (28 Februarie 1938, Lichtenburg- ) is ’n Suid-Afrikaanse skrywer. Hy publiseer boeke in verskeie genres, waaronder spanningsverhale, historiese romans en jeugverhale. Hy verwerf veral bekendheid met sy romans wat oor Noag se ark handel. Hy skryf ook 'n aantal nie-fiksie boeke oor onderwerpe soos Siener van Rensburg, die millennium, die Bybel en die Boere. Verder skryf hy ook onder die skuilname De Wet le Roux, Francois Richter en Stephanie Meiring. As De Wet le Roux en Francois Richter skryf hy spanningsverhale terwyl hy liefdesverhale as Stephanie Meiring publiseer.