Adriaan Strauss
From Wikipedia, the free encyclopedia
Adriaan Strauss (gebore in Bloemfontein op 18 November 1985) is 'n Springbokrugbyspeler wat as haker vir die Bulls in die Superrugbykompetisie speel. Hy het voorheen vir 8 jaar lank die Cheetahs verteenwoordig.
| |||||
Volle naam | Jan Adriaan Strauss | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 18 November 1985 (1985-11-18) (38 jaar oud) | ||||
Geboorteplek | Bloemfontein, Suid-Afrika | ||||
Lengte | 1,84 m | ||||
Massa | 114 kg | ||||
Skool | Grey-kollege | ||||
Universiteit | Universiteit van Pretoria | ||||
Vername familie | Andries Strauss (neef) Richardt Strauss (neef) | ||||
Beroep | Professionele rugbyspeler | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Haker | ||||
Springbokno. | 800 | ||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2005–2006 2007–2014 2015– |
Blou Bulle VS Cheetahs Blou Bulle |
22 56 0 |
(15) (45) (0) | ||
korrek soos op 30 Mei 2018. | |||||
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2006 2007–2014 2015– |
Bulls Cheetahs Bulls |
8 97 51 |
(0) (40) (55) | ||
korrek soos op 30 Mei 2018. | |||||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
2008– | Suid-Afrika | 66 | (30) | ||
korrek soos op 30 Mei 2018. |
Hy trek die gesogte Springboktrui die eerste keer op 19 Julie 2008 aan as plaasvervanger-haker vir Schalk Brits teen die Wallabies. Hy druk sy eerste drie vir die Springbokke op 18 November 2012 teen Skotland in die Murrayfield-Stadion en hy verras die Skotte met nog 'n drie, 25 minute later, nadat hy die bal onderskep het. In 2012–2013 is hy die eerste-keuse haker vir die nasionale span. Hy was ook deel van Suid-Afrika se span tydens die Rugbywêreldbeker 2015.
Strauss is op 30 Mei 2016 as die nuwe Springbokkaptein aangewys.[1] Hy kondig egter teen einde 2016 sy totale internasionale uittrede aan nadat hy vir slegs 3 toetswedstryde kaptein was.