Age of Empires III
From Wikipedia, the free encyclopedia
Age of Empires III of Age of Empires 3 (verkort na AoE3) is 'n rekenaarspeletjie wat deur Ensemble Studios ontwikkel en deur Microsoft uitgegee is. Dit is die derde speletjie in die Age of Empires-reeks, en die vierde in die Age-reeks. Die speletjie staan uit bo dié voor hom in die reeks deurdat hy kenmerkend beter grafiese eienskappe besit. Age of Empires III is 'n RTS-speletjie (Engelse afkorting vir Real-time Strategy), wat beteken dat die persoon in beheer amper soos 'n tipe van 'n god beheer het oor wat in die denkbeeldige wêreld op die rekenaar aangaan, en waar hy of sy baie mense se bewegings beheer en groot stede bou. Die era waarin Age of Empires III geset is, is tussen 1500 tot 1860 en dit handel uitsluitlik oor die ontdekking en die kolonialisering van die Amerikas.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |