Aksiale presessie
From Wikipedia, the free encyclopedia
Aksiale presessie, meestal net presessie genoem, is ’n stadige en onafgebroke verandering in die oriëntasie van ’n hemelliggaam se rotasie-as wat deur swaartekrag veroorsaak word. Dit verwys veral na die geleidelike verskuiwing in die oriëntasie van die Aarde se rotasie-as, wat soos dié van ’n slingerende tol verskuif en ’n kringloop in sowat 26 000 jaar voltooi.[1] So ’n tydperk word in die sterrekunde ’n "Groot Jaar" genoem.