Aksum
From Wikipedia, the free encyclopedia
Aksum, Aksoem of Axum (Tigrinya: ኣኽሱም? /'aq͡χʼsum/, Amharies: አክሱም? /'aksum/) is 'n stad in die verre noorde van Ethiopië, in die sone Mehakelegnaw en die Tigray-streek, taamlik na aan die grens met Eritrea. In 2007 het dit 'n bevolking van 49 523 gehad.
Kitsfeite Aksum ኣኽሱም, Land ...
Aksum ኣኽሱም | |
---|---|
Straattonnel in Aksum | |
Koördinate: 14°7′15″N 38°43′40″O | |
Land | Ethiopië |
Streek | Tigray-streek |
Hoogte | 2 130 m (6 988 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 49 523 |
Tydsone | UTC+03:00 (OAT) |
Sluit
In die verlede was dit die hoofstad van die Koninkryk Aksum. Sedert 1980 is dit wêrelderfenisgebied van Unesco. Belangrike besienswaardighede is die katedraal van Onse Heilige Maria van Sion waar die verbondsark volgens oorlewing sou gestaan het, 'n veld met obeliske en die paleise van Kaleb en die koningin van Skeba. Noordoos van Aksum is die klooster Debre Damo wat moontlik van die 6de eeu dateer.
- Die kerk van Onse Heilige Maria van Sion, een van Aksum se groot aantreklikhede.
- Obeliske in Aksum.
- Die Arbatu Ensessa-kerk, Aksum.
- Die kerk van die Verbondsark.
- (en) Axum Home of the Arc Geargiveer 15 Januarie 2010 op Wayback Machine. URL besoek op 21 Februarie 2016.
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Aksum.
- (en) (fr) Amptelike Unesco-bladsy