Alabama (skip)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Alabama het die Kaap twee keer besoek - in Augustus 1863 en toe weer in Maart 1864 - en elke keer het hy feitlik die hele Kaap in beroering gehad. Nie alleen was hy lank voor sy koms na die Kaap al bier beroemd nie, maar die inwoners van die Kaap het ook vurig belang gestel in die verloop van die Amerikaanse Burgeroorlog, wat toe juis sy hoogtepunt bereik het. Die besoeke van die Alabama aan die Kaap was 'n regstreekse uitvloeisel van hierdie oorlog.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Hierdie artikel behoort versmelt te word met CSS Alabama.
Maak seker om die inhoud te skuif na die bladsy wat reeds aan Wikidata gekoppel is!
Indien altwee gekoppel is, sien hier.
Soos uit daardie artikel blyk, was 'n deel van die Noordelike State se strategie om met sy geweldige sterk vloot al die hawens van die Suide te blokkeer sodat geen voorrade of ammunisie van die buiteland af ingevoer kon word nie. Die Suidelike State se antwoord was om kaperskepe te laat bou waarmee die handelskepe van die Noorde aangeval kon word. So 'n kaperskip is op 29 Julie 1862 te midde van die grootste geheimhouding in die Engelse stad Liverpool te water gelaat.
Die skip het aanvanklik geen naam gehad nie, net 'n nommer: 290. By die Portugese eiland Terceira in die Asore het kapt. Raphael Semmes van Alabama en sy offisiere die skip oorgeneem en dit omgebou tot ʼn dodelik doeltreffende oorlogsmasjien. Hier is die skip herdoop tot die Alabama. Net die offisiere was Amerikaners; die bemanning was hoofsaaklik Britse huurlinge. Die Alabama het 'n tonnemaat van 1 000 gehad, was 78 m lank en 10 m breed en het, benewens drie maste onder vierkanttuig twee kragtige stoomenjins gehad.
Die skip kon 13 knope haal en was een van die vinnigste skepe van sy tyd. Nog indrukwekkender was sy bewapening. Die skip het agt kanonne gehad, onder meer twee kanonne wat op hul voetstukke kon swaai en in enige rigting kon vuur.