Aleksander Afanasiëf
From Wikipedia, the free encyclopedia
Aleksander Nikolajewitsj Afanasiëf (of Afanas'jef; Russies: Алекса́ндр Никола́евич Афана́сьев) (23 Julie [O.S. 11 Julie] 1826 - 5 Oktober [O.S. 23 September] 1871) was 'n Russiese Slavis en volkekundige wat byna 600 Russiese feëverhale en folklorestories gepubliseer het. Dit was een van die grootste versamelings folklore in die wêreld.[1] Die versameling is nie streng gesproke Russies nie, maar sluit volksverhale van Oekraïne en Belarus in.[2]
Kitsfeite Geboorte, Oorlede ...
Aleksander Afanasiëf | |
---|---|
Slavis, folkloris, resensent, historikus, joernalis | |
Geboorte | (1826-07-23)23 Julie 1826 Bogoetsjar, Woronezj, Russiese Ryk |
Oorlede | 5 Oktober 1871 (op 45) Moskou, Russiese Ryk |
Bekende werke | Russiese Feëverhale |
Sluit
Die eerste uitgawe van sy versameling is van 1855 tot 1867 in agt volumes gepubliseer, en dit het hom die reputasie besorg as die Russiese eweknie van die broers Grimm.[3]