Leo XI was die 232ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk van 1 April tot 27 April 1605. Weens sy kort pontifikaat word hy die "blitspous" ("Papa lampo") genoem.

Kitsfeite Geboortenaam, Pontifikaat begin ...
Pous Leo XI
Thumb
Thumb
Geboortenaam Alessandro Ottaviano de' Medici
Pontifikaat begin 1 April 1605
Pontifikaat eindig 27 April 1605
Voorganger Clemens VIII
Opvolger Paulus V
Gebore 2 Junie 1535
Florence, Italië
Sterf 27 April 1605
Rome, Italië
Ander pouse genaamd Leo
Sluit

Biografie

Pous Leo XI[1] is gebore as Alessandro Ottaviano de' Medici op 2 Junie 1535 in Florence, Italië. Hy was die seun van Ottaviano de' Medici. Sy ouma was Lucrezia de' Medici en sy ma Francesca Salviati die niggie van Pous Leo X. Op 22 Julie 1567 word hy priester. Sy oom, Cosimo I de' Medici, groothertog van Toskane, stuur hom as ambassadeur na die pouslike hof van Pous Pius V op 10 Junie 1569. Hy studeer onder leiding van die heilige Philip Neri. Pous Gregorius XIII benoem hom op 9 Maart 1573 tot biskop van Pistoia. Op 15 Januarie 1574 word Alessandro aartsbiskop van Florence. Op 12 Desember 1583 stel Pous Gregorius XIII hom aan as kardinaal. Alessandro was 'n baie godsdienstige mens. Hy is opgevoed deur die Dominikane. In sy bisdom het hy die teen-reformasie gesteun en die besluite van die konsilie van Trente deurgevoer. Op 3 April 1596 stel Pous Clemens VIII hom aan as gesant na Frankryk. Hy het gehelp om Frankryk en Spanje te versoen met die vrede van Vervins en het die invloed van die Hugenote aan die Franse hof help beperk. Op 21 Februarie 1600 stel Pous Clemens VIII hom aan as kardinaal van Trastevere en biskop van Albano op 30 Augustus 1600. Op 17 Junie 1602 word biskop van Palestrina. Op 1 April 1605 volg hy Pous Clemens VIII op en word gekroon op paasfees 10 April 1605 deur kardinaal Francesco Sforza. Hy regeer tot sy dood op 27 April 1605 en word opgevolg deur Pous Paulus V. Die naam ‘Leo’ beteken 'leeu'.

Pontifikaat

Alessandro de' Medici word verkies op die konklaaf na die dood van Pous Clemens VIII met die steun van die Franse en Italiaanse kardinale en teen die sin van die Spaanse kardinale. Daar word beweer dat koning Henri IV van Frankryk 300 000 ecu's uitgegee het om Alessandro verkies te kry. Hy neem die naam Pous Leo XI[2] aan ter nagedagtenis aan sy oom Pous Leo X. Kort na sy verkiesing word hy siek, waarskynlik aan longontsteking en beswyk na 27 dae. Leo was sterk gekant teen nepotisme, sodanig dat hy selfs op sy sterfbed geweier het om sy nefie as kardinaal aan te stel. Op sy graf staan geskrywe "Magis ostensus, quam datus", (baie beplan, min gedoen).

Bibliografie

  • Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0-300-09165-6.
  • Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0-500-01798-0.

Verwysings

Eksterne skakels

Nota

Opvolging

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.