Alkohol
enige organiese verbinding waarin die hidroksiel funksionele groep (–OH) aan 'n versadigde koolstofatoom gebind is / From Wikipedia, the free encyclopedia
Alkohol is 'n koolwaterstofderivaat ('n organiese koolwaterstofverbinding wat ook ander elemente as koolstof (C) en waterstof (H) bevat) met die kenmerkende -OH-groep (hidroksielgroep) wat aan 'n koolstofatoom verbind is, en wat die algemene formule CnH2n+1OH of CnH2n+2O het. Die IUPAC-name van verbindings in hierdie homoloë reeks word van die ooreenstemmende alkane afgelei; die -aan-agtervoegsel word bloot met -anol vervang. Alkohole met twee of drie OH-groepe word onderskeidelik diole en triole genoem.
Alkohole kan word onderverdeel in drie kategorieë:
- Primêre alkohole: 'n Alkohol waarvan die C-atoom wat aan die OH-groep verbind is, met slegs een ander C-atoom verbind is.
- Sekondêre alkohole: 'n Alkohol waarvan die C-atoom wat aan die OH-groep verbind is, met twee ander C-atome verbind is.
- Tersiêre alkohole: 'n Alkohol waarvan die C-atoom wat aan die OH-groep verbind is, met drie ander C-atome verbind is.