Andriëtte Norman - Wikiwand
For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Andriëtte Norman.

Andriëtte Norman

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Andriëtte Norman
OorsprongBrackenfell, Kaapstad
Geboorte17 Oktober 1987 (1987-10-17) (32 jaar oud)
Beroep(e)Sangeres
Instrument(e)Stem
Aktiewe jare2007 – nou
EtiketteSony Music, Select
Webwerfandriettenorman.co.za
Portal.svg Musiekportaal

Andriëtte Norman, (17 Oktober 1987- ) beter bekend as Andriëtte is 'n Afrikaanse sangeres. Sy het al verskeie kere tydens KKNK en Huisgenoot-Skouspel opgetree. Van haar treffers sluit in: Napoleon (geskryf deur Steve Hofmeyr), Dinge en Sewe Oseane (wat geskryf is deur Rudi Claase), Storm in my hart (geskryf deur Munro du Toit) en Dink aan my.

Norman is in 2007 aangewys as die naaswenner in die Suid-Afrikaanse TV-sangkompetisie Idols.[1][2] Haar debuutalbum, Diamant is in 2008 vrygestel. In 2009 palm sy 'n Vonk-prys vir Beste Kontemporêre Vroulike album in.[3] Haar tweede album, Dink Aan My is in 2009 uitgegee en haar derde, Vat My Hoër in 2011. In 2014 ontvang sy 'n Ghoema-toekening in die kategorie Beste Kontemporêre Vroulike album vir die album Wat Rym Met Liefde.

Diskografie

Ateljeealbums

  • 2008: Diamant
  • 2009: Dink Aan My
  • 2011: Vat My Hoër
  • 2013: Wat rym met liefde
  • 2015: Pêrel vir 'n kroon

Versamelalbums

  • 2007: Idols Season 4: Love Is All Around

Hoekom bly jy staan

Haar liedjie, Hoekom Bly Jy Staan (Napoleon) is deur Steve Hofmeyr geskryf.

Verwysings

Sien ook

Eksterne skakels

{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Andriëtte Norman
Listen to this article