Andries Hendrik Potgieter
From Wikipedia, the free encyclopedia
Andries Hendrik Potgieter, leier van die tweede groot trekgeselskap wat die Kaapkolonie verlaat het, is op 19 Desember 1792 in die distrik Graaff-Reinet gebore as seun van Hermanus Potgieter en Petronella Margaretha Kruger. Later het hy in die distrik Tarka gewoon, waar hy ’n man van aansien was. Volgens die beskrywing van tydgenote was hy ’n groot man van oor die ses voet, sterk gebou en met ’n indrukwekkende maar vriendelike voorkoms. Sy baard en hare was donkerbruin met ’n rooi skynsel, en tot ongeveer middelbare leeftyd het hy sy hare om die kop met ’n rand geskeer. Volgens die biografie van Potgieter en Theunissen was hy meestal in blou molvel of swart laken gekleed en het in die week ’n breërand-strooihoed gedra, maar met plegtighede het hy ’n vaal hoëbol-keil gedra en ’n kort broek wat net onder sy knieë met silwergespes vasgehou is.
Andries Hendrik Potgieter | |
---|---|
Portret van Andries Hendrik Potgieter rondom 1851–1852 in Lourenço Marques, Delagoabaai. | |
Gebore | 19 Desember 1792 Graaff-Reinet-distrik |
Sterf | 16 Desember 1852 |
Beroep | Bevelvoerende generaal |
Eggenoot | Elizabeth Helena Botha (ca. 1795–1841) |
Kinders | 13, sommige het jonk gesterf Pieter Johannes (1822–1854), Bevelvoerende generaal by Makapansgat Andries Hendrik (1831–), veldkornet, lid van die Volksraad |
Ouer(s) | Hermanus Philippus Potgieter (1765–1871) Petronella Margaretha Krugel (ca. 1773–1802) |
Hy was ’n man met ’n goeie insig in sake, en hoewel vriendelik en minsaam in die omgang, het hy geweet hoe om gehoorsaamheid van sy onderhoriges af te dwing.