Antarktiese stormvoël
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Antarktiese stormvoël (Thalassoica antarctica) is 'n stormvoël met 'n opvallend gemerkte veredos. Dit is inheems aan die kuswaters van Antarktika, waar dit veral in die Ross- en Weddellseë, die twee grootste baaie aan hierdie vasteland voorkom. By geleentheid sal hulle tydens die laat winter noordwaarts uitwyk, en is 'n baie seldsame besoeker aan Suid-Afrikaanse kuswaters. Hulle leef op Antarktiese kril, vis en klein inkvisse. Hulle voed terwyl hulle swem, maar duik ook af in die water, of vanuit die lug in die water. Die voël is 40 – 45 cm groot en weeg 550 – 780 g met 'n vlerkspan van 98 – 105 sentimeter. Die voël se rugkant is bruin met 'n wit subterminale band oor die vlerke en 'n smal bruin stertpunt. In Engels staan hierdie stormvoël as die Antarctic petrel bekend.
Antarktiese stormvoël | |
---|---|
Afgeneem aan die Antarktiese Skiereiland | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Thalassoica L. Reichenbach, 1853 |
Spesie: | T. antarctica |
Binomiale naam | |
Thalassoica antarctica (J. F. Gmelin 1789)[2] | |
verspreiding |